Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Een van die aangeklaagdes in die moordsaak van twee bejaardes op Heidelberg, was Maandag, 15 en Dinsdag 16 November in die getuiebank van die rondgaande hooggeregshof op Swellendam.
Annemarie Skietekat (32) is Maandag deur haar advokaat, Andrew Caiger ondervra.
Skietekat en haar ma, Sabina Hartnick (55) is daarvan aangekla dat hulle vir George (Jors) Michaels en sy vriendin, Elizabeth (Elie) Rudolph, onderskeidelik 62 en 64 in Michaels se huis in Diepkloof gedurende die nag van 15/16 Februarie 2019 vermoor het.
Die saak dien voor regter Hayley Slingers. Advokaat Megan Blows is die staatsaanklaer. Advokate Fanie Harmse en Andrew Caiger tree onderskeidelik vir Skietekat, beskuldigde nommer een en Hartnick, beskuldigde nommer twee op.
VIDEO: Moordverhoor op bejaardes duur voort
Lees vorige artikels hier:
- Ma en dogter uiteindelik voor hof
- Moord op bejaardes: Verhoor begin
- Moordverhoor begin nou
- Moordsaak weereens uitgestel
- Ma en dogter vandag in die Kaapse Hooggeregshof
- Ma en dogter wag vir DNS-uitslae
- Ma en dogter weer in hof
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'