HEIDELBERG NUUS - Woedende inwoners het Donderdag 21 Februarie voor Heidelberg-landdroshof saamgedrom om hul weersin te toon oor die koelbloedige moord op die bejaarde paar Vrydagnag 15 Februarie.
Die slagoffers, George (Jors) Michaels (62) en sy vriendin, Elizabeth (Elie) Rudolph (64) is dood in Michaels se huis in Diepkloof aangetref.
Hulle is blykbaar deur ’n vorige vriendin van Michaels, Sebina Hartnick (54) en haar dogter, Annemarie Skietekat (31) om die lewe gebring.
Michaels is verlede jaar ook ernstig met ’n mes deur Hartnick aangerand.
Hartnick en Skietekat het Maandag 18 Februarie vir die eerste keer in die hof verskyn.
Die saak is tot Dinsdag 26 Februarie uitgestel sodat hulle om regshulp aansoek kan doen. Hulle word in die gevangenis op Oudtshoorn aangehou.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'