HEIDELBERG NUUS - Riversdal Krieketklub het Heidelberg United verlede Saterdag met 265 lopies in hul jaarlikse vriendskaplike wedstryd om die Leonard Hurling-wisseltrofee geklop.
Riversdal het 447 lopies aangeteken, met kaptein Byron Esau wat 106 lopies van 64 balle gemoker het. Hermanus Hoffman het met 92 nie uit van slegs 29 balle uitgeblink.
United kon in antwoord net 182 lopies aanteken, met Devoroh Roberts wat 69 nie uit behaal het.
Byron Hendricks (3/28) en Bugan Esau (3/59) was Riversdal se beste boulers.
United se span het hoofsaaklik uit jong, onervare spelers bestaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’