HESSEQUA NUUS - Die Demokratiese Alliansie (DA) is stewig voor in Hessequa ná die munisipale verkiesing van Woensdag 4 November, met 52,92% van die stemme wat tot dusver getel is.
Volgens die jongste verkiesingsuitslae op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se uitslaepaneel is 96% van die stemme reeds getel, met die DA wat 'n beduidende voorsprong bo die ander politieke partye handhaaf.
Die African National Congress (ANC) beklee tans die tweede plek met 22,32% van die stemme, gevolg deur die Patriotic Alliance (PA) met 12,41%.
Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het tot dusver 10,24% van die stemme op hom verenig, terwyl die PMC 1,11% steun geniet.
Die voorlopige uitslae lyk soos volg:
- DA: 52,92%
- ANC: 22,32%
- PA: 12,41%
- VF Plus: 10,24%
- PMC: 1,11%
Hoewel die DA tans meer as die helfte van die getelde stemme op hom verenig, is die finale uitslag nog nie bevestig nie.
Die oorblywende stemme moet nog getel en die uitslae gefinaliseer word voordat die finale steun van elke party bekend sal wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’