ALBERTINIA NUUS - ’n Jong vrou het sopas ernstige beserings opgedoen toe die voertuig waarin sy gereis het op die N2 naby die Gouritsbrug aan Albertinia se kant van die brug die pad verlaat en omgeslaan het.
Volgens ooggetuies op die toneel was slegs een voertuig by die ongeluk betrokke.
Die beseerde vrou is per ambulans na die Bay View-hospitaal op Mosselbaai vervoer vir verdere mediese behandeling.
Nooddienste is op die toneel, waar opruimingswerk tans voortduur.
Slegs een baan van die N2 is intussen vir verkeer oopgestel totdat die toneel opgeruim is.
Motoriste word aangeraai om versigtig in die omgewing te bestuur en die aanwysings van noodpersoneel te volg.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’