HEIDELBERG NUUS - Vennito van Niekerk, ’n plaaslike gemeenskapsaktivis en opvoeder aan De Waalville Primêre Skool, het Saterdag 10 Oktober sy honneursgraad in opvoedkundige leierskap en bestuur ontvang.
Die gradeplegtigheid het by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaasgevind.
Hy het sy skoolloopbaan aan De Waalville Primêre Skool begin en later aan Kairos Senior Sekondêre Skool gematrikuleer.
Daarna het hy sy onderwyskwalifikasie aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSTU) verwerf. Hy het sy studies by die Management College of Southern Africa (Mancosa) voltooi.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’