RIVERSDAL NUUS - Voetgangers en skoliere word dringend gewaarsku om nie kortpaaie deur die digbegroeide gebied bokant Panorama Primêre Skool en rondom die spoorwegstasie te gebruik nie.
AO Hans Busch van die Riversdal-polisie sê die Transnet-terrein het ná onlangse reën dig toegegroei, wat skuilplekke vir misdadigers skep en die risiko van aanrandings en rooftogte verhoog.
Die polisie raai inwoners aan om eerder langs die hoofpad te stap, waar daar meer beweging is.
Busch waarsku veral teen die gebruik van dié kortpaaie ná sononder.
Ouers word versoek om hul kinders oor die gevare in te lig en veiliger skoolroetes te gebruik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’