Video
RIVERSDAL NUUS - Die Green Fingers-tuinbouklub het vandag, Woensdag 14 Oktober, weer sy jaarlikse steggiedag by Jan en Essie Fourie op Riversdal aangebied.
Lede het steggies van plante wat hulle self gekweek het, saamgebring en met mekaar uitgeruil.
Yolande Prinsloo het tydens die geleentheid ’n spreekbeurt gehad waarin sy lede aangemoedig het om betrokke te raak by die bewaring van Jurisch Park se tuin, nadat die voorgestelde verkoop daarvan afgekeur is.
Sy het gevra wat die tuinbouklub en lede van die publiek kan doen om die park se toekoms te help verseker, asook wat inwoners graag met die park as erfenis vir toekomstige geslagte sou wou bereik.
Volgens Prinsloo het die park nie net natuurskoon nie, maar ook historiese en erfeniswaarde.
Dit maak deel uit van die omgewing se geskiedenis en moet bewaar word sodat toekomstige geslagte dit ook kan waardeer.
Video: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’