Advertorial
SAKENUUS - Ambik Commercial (Edms.) Bpk. en Amana Eiendomme is opgewonde en dankbaar oor die geleentheid om die Bosbokkamp-eiendom van die NG Kerk Stilbaai te bekom en om dit oor die langtermyn te ontwikkel.
Die Bosbokkamp gaan oor meer as net die ontwikkeling van grond. Die doel is om 'n plaaslike belegging te skep wat ook waarde vir Stilbaai en sy gemeenskap kan toevoeg.
"Ons is plaaslik, en ons wil plaaslik ontwikkel. Waar moontlik wil ons plaaslike kontrakteurs, ondernemings en diensverskaffers by die ontwikkeling betrek. Ons glo dat 'n projek van hierdie omvang 'n geleentheid moet skep waaruit die breër Stilbaai-gemeenskap ook voordeel kan trek."
Die Bosbokkamp bied 'n besonderse geleentheid om verantwoordelik te ontwikkel, met respek vir Stilbaai se karakter, die behoeftes van die plaaslike mark en die omgewing.
Die toekomstige ontwikkeling van die Bosbokkamp sal uiteraard onderhewig wees aan die nodige munisipale, statutêre, omgewings- en infrastruktuurprosesse. Die finale uitleg en omvang van die ontwikkeling sal deur hierdie prosesse bepaal word.
Ons sien uit na hierdie nuwe hoofstuk.
Navrae:
- Wynand L. Olivier
- Direkteur | Prinsipaal
- PDE 4,5 (Reg. nr. 1144854)
- Amana Eiendomme/Amana Properties
- Buitekantstraat 4, Stilbaai, Wes-Kaap
- 079 578 5022 | 028 754 3300
- [email protected]
- www.amana.co.za
Stilbaai Property - We open doors
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’