HEIDELBERG NUUS - Kairos Senior Sekondêr se onlangse erkenningsaand in sy skoolsaal is deur talle ouers en oudleerders bygewoon.
Fernell Pretorius, opvoeder en departementshoof, het as die programdirekteur opgetree.
Leon Lotz, beheerliggaamlid, het die verrigtinge geopen, waarna Trevor Februarie, skoolhoof, die verwelkoming behartig het. Tiffany Februarie, ’n oudleerder, het as gasspreker die leerders en ander aanwesiges toegespreek.
Franzonia Pieters is as die duxleerder vir 2026 aangewys, terwyl Emiliano Adams en Ashlin Manho onderskeidelik as sportman en sportvrou van die jaar bekroon is.
Jaydon Pieters en Leané Jacobs is onderskeidelik as die nuwe voorsitter en ondervoorsitter van die verteenwoordigende raad van leerders (VRL) voorgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’