RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-polisie het inwoners opnuut gewaarsku om waaksaam te wees teen inbrake by motorvoertuie en toenemende gevare van aanlyn swendelary.
Sers. Christiaan Jansen, woordvoerder van die Riversdal-polisie, het inwoners gemaan om nie waardevolle besittings soos selfone, handsakke, skootrekenaars en beursies sigbaar in voertuie te laat nie.
Motoriste word ook aangeraai om seker te maak hul voertuie is behoorlik gesluit wanneer hulle dit parkeer.
Jansen het inwoners verder gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle aankope op die internet doen en nie persoonlike of bankbesonderhede aan onbekende persone bekend te maak nie.
Inwoners word aangemoedig om verdagte aktiwiteite en moontlike swendelary by die polisie aan te meld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’