HEIDELBERG NUUS - ’n Jongman van Slangrivier het Dinsdag 10 November in die Heidelberg-landdroshof op aanklagte van huisbraak en diefstal verskyn.
Cornay Boezak (29) word daarvan beskuldig dat hy by ’n woning in Muirstraat ingebreek en goedere met ’n geskatte waarde van R30 000 gesteel het.
Die gesteelde goedere sluit glo ’n skootrekenaar, selfone, handsakke, kledingstukke, waaronder rokke en skoene, asook juweliersware in.
Die huidige status van die hofverrigtinge is nog nie bekend nie.
Sers. Keeno Fredericks, plaaslike polisiewoordvoerder, het gewaarsku dat streng teen misdadigers opgetree sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’