RIVERSDAL NUUS - Gerald Boezak, onderburgemeester van Hessequa, sal vanaf Maandag 9 November die pligte van burgemeester waarneem nadat Grant Riddles se tweede ampstermyn tot 'n einde gekom het.
Boezak het inwoners van Hessequa bedank vir hul ondersteuning en deelname aan die plaaslike regeringsverkiesing wat Woensdag 4 November plaasgevind het.
Die Demokratiese Alliansie (DA) het ná die verkiesing sy meerderheid in die Hessequa-munisipaliteit behou deur 51,47% van die stemme en nege van die 17 raadsetels te verower.
Boezak sal vanaf Maandag die burgemeesterspligte waarneem terwyl die nuwe munisipale leierskap ná die verkiesing gevestig word.
Die aanwysing van die nuwe burgemeester sal die volgende hoofstuk in Hessequa se munisipale bestuur inlui.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’