RIVERSDAL NUUS - Adam Fourie, 'n gr. 12-leerder aan Hoër Landbouskool Oakdale, het die afgelope naweek met sy praktiese Landboutegnologie-taak die eerste plek op die Laingsburg Landbouskou behaal.
Die skou, wat op 30 en 31 Oktober plaasgevind het, het Landboutegnologie-take van vier skole, naamlik Oakdale, Boland Landbou, Augsburg en HTS Drostdy, ten toon gestel.
Fourie se taak is as die algehele wenner uit die vier skole se inskrywings aangewys.
Die skool het Fourie met sy prestasie gelukgewens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’