RIVERSDAL NUUS - Vier tweekampatlete van Hoër Landbouskool Oakdale het op Saterdag 31 Oktober hul staal gewys toe hulle as deel van die Eden-span aan die 29ste OP-IP-tweekampbyeenkoms in Gqeberha deelgeneem het.
Die vier leerders het teen atlete van ander streke meegeding en goeie uitslae behaal.
In die o. 17-afdeling het Lorenzo Mynhardt die 12de plek behaal.
Oakdale se drie verteenwoordigers in die o. 19-afdeling het ook sterk presteer.
Bennie van der Linde het sewende geëindig, gevolg deur Callan du Plessis in die negende plek en AJ Swart in die 10de plek.
Die atlete se deelname aan die byeenkoms was nog ’n geleentheid vir Oakdale om sy sporttalent op streeksvlak ten toon te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’