RIVERSDAL NUUS - Laerskool Volschenk se A-span het op tuisgrond koning gekraai na afloop van die Faffa Marais-ses-aan-’n-kant-kriekettoernooi wat op 16 en 17 Oktober plaasgevind het.
Dit is die eerste keer sedert 2004 dat Volschenk as toernooiwenners uit die stryd tree.
Die toernooi het opwindende krieket opgelewer. Laerskool Outeniqua, Laerskool Overberg en Laerskool Swellendam het ook aan die toernooi deelgeneem en tot die opwinding bygedra.
Corne Kriel, Volschenk se A-span-krieketafrigter, het gesê hy is geweldig trots op die span se prestasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’