RIVERSDAL - Vir sommige is syfers, somme en berekeninge ’n groot kopseer, maar vir vyf leerders van Abacus-wiskunde is dit sommer groot pret!
Dié jong wiskundeboffins het Saterdag 10 Oktober hul vernuf by die nasionale Abacuskampioenskappe ten toon gestel en met puik prestasies gewys dat hulle beslis hul somme ken.
Die kampioenskappe het leerders van gr. R tot gr. 5 ingesluit. Die vyf leerders het soos volg gevaar:
- Deoné Pretorius (gr. R) was die toppresteerder in haar klas.
- Gabriella Gouws (gr. 2) het goud verower.
- Marnus Collins (gr. 5, vlak 10) is as die toppresteerder in sy klas aangewys.
- Caleb Booysen (gr. 5) het goud verower.
- Tijana Roeleveld (gr. 3) het brons behaal.
Petro Grobler, eienaar van Abacus, vertel trots dat al vyf leerders vir die nasionale uitdunne, wat in April volgende jaar in Durban plaasvind, gekwalifiseer het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’