ALBERTINIA NUUS - Inwoners en belanghebbendes in en om die dorp word genooi om tydens die plaaslike GPF se algemene jaarvergadering hul insette oor die afgelope jaar te deel.
Die vergadering vind om 18:00 op 23 November in die Theronsville-saal plaas.
Die Albertinia-polisie en GPF moedig die gemeenskap aan om die vergadering by te woon en saam aan ’n veiliger Albertinia te werk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’