Video
RIVERSDAL NUUS - Daar was vanoggend, 21 Oktober, groot opgewondenheid by Keiko Kleuterakademie toe inwoners van Droom en die vierjarige kleuters van Keiko vir ’n dag se stories, lag en drukkies bymekaargekom het.
Die Keiko Droom Ons- (lees dit as ‘kyk hoe droom ons’) verrigtinge het ’n mooi boodskap oorgedra: kinders droom oor wat hulle eendag wil word, terwyl ouer mense met heimwee kan terugdink aan hul lewens en drome van die verlede.
Johan Oosthuizen, ’n inwoner van Droom, het die kleuters met ’n storie geboei. Sy manier van vertel en die vrae wat hy aan die kinders gestel het, het vir heerlike interaksie gesorg en die kleingoed entoesiasties laat deelneem.
Ruwan, Ryno en Annrize van der Merwe se seun, het met groot entoesiasme verduidelik hoe ’n hoender dan nou eintlik ’n eier lê. Sy spontane antwoord het almal heerlik laat lag.
Die kleuters het ook gedigte voorgedra en ’n liedjie gesing. Ná ’n inkleuraktiwiteit het almal saam skons en tee geniet. Tussen die glimlagte en drukkies was dit duidelik dat dié kuier vir almal besonders was.
Video: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’