RIVERSDAL NUUS - Inwoners van Riversdal word aangemoedig om van die dienste by die Thusong-dienssentrum gebruik te maak, waar verskeie staatsdepartemente gedurende Oktober beskikbaar sal wees.
Die Departement van Arbeid sal inwoners op Vrydag 16 Oktober bystaan, terwyl die Departement van Binnelandse Sake op Maandag 26 Oktober en Donderdag 29 Oktober by die sentrum beskikbaar sal wees.
SARS sal op Woensdag 28 Oktober dienste lewer.
Inwoners wat van hierdie dienste gebruik wil maak, word aangeraai om kennis te neem van die datums waarop die onderskeie departemente beskikbaar sal wees.
Die Thusong-dienssentrum se kantoorure is soos volg:
- Maandae, Dinsdae en Donderdae: 07:45 tot 16:30
- Woensdae: 08:00 tot 16:30
- Vrydae: 07:45 tot 15:30
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’