STILBAAI NUUS - Daar was hope vrolikheid en ’n lekker gekuier toe Huis Stilbaai op Woensdag 14 Oktober die Maand van die Bejaarde met ’n gesellige oggend se koek, tee en musiek gevier het.
Dié bederf is deur Stilbaai Spar geborg, en hierdie jaarlikse instelling was soos gewoontlik deur Hennie Slabbert, voorsitter van die Vriende- en Familiekomitee, gereël.
Terwyl die orkes vir heerlike musiek gesorg het, het sommige inwoners die dansvloer ingeneem en hul lywe op die maat van die musiek losgemaak.
Ander het die geleentheid benut om saam te kuier en aan die heerlike koek en tee te smul.
Dit was ’n besonder aangename oggend waarop inwoners die lewe, hul herinneringe en die mylpaal van ouderdom saam kon vier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’