SLANGRIVIER NUUS - Die groot oomblik waarop die mooie Jonay Skietekat van Slangrivier en die hele Hessequa-streek die afgelope paar maande wag, het uiteindelik aangebreek.
Komende Saterdagaand, 10 Oktober, vind die finaal van die Miss Teen Excellency SA-modeparade plaas.
Dit word in die Victory-teater in Johannesburg aangebied, met Jonay wat een van slegs twee deelnemers uit die Wes-Kaap is.
Jonay en haar ma, Caroline Skietekat, word vanmiddag om 16:00 deur familie, vriende en bure afgesien voordat hulle per bus na die Goudstad vertrek.
Jonay hoop om Saterdagaand met die kroon huis toe te kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’