SLANGRIVIER NUUS - Die inwoners se pleidooie vir groter polisiesigbaarheid het vrugte afgewerp met die instelling van 'n tydelike satellietdienssentrum in die dorp.
Sowat 200 inwoners het tydens 'n imbizo in September hul kommer oor die gebrek aan polisiesigbaarheid uitgespreek.
Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van polisieoorsig en gemeenskapsveiligheid, en maj.genl. Phumzile Cetyana, die Tuinroete se polisiekommissaris, het destyds onderneem dat die ou raadsaal opgeknap sal word om as 'n polisiedienssentrum te dien.
Volgens sers. Keeno Fredericks, polisiewoordvoerder, sal polisielede voortaan elke Dinsdag en Donderdag van 09:00 tot 12:00 by die perseel beskikbaar wees.
Inwoners wat probleme ondervind, kan sers. Danwill Josephs (Choppa) by 082 522 3115 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’