RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa-munisipaliteit se inhuldigingsvergadering van die nuwe munisipale raad, wat vir Dinsdag 17 November geskeduleer was, is tot verdere kennisgewing uitgestel.
Die munisipaliteit het die uitstel Maandag 16 November in ’n amptelike kennisgewing bekend gemaak.
Volgens die kennisgewing, wat deur die munisipale bestuurder, Albert de Klerk, uitgereik is, sal die vergadering op ’n latere datum plaasvind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’