RIVERSDAL NUUS - Altesaam 16 spanne het aan seisoen twee van die rolbal-besigheidsliga in Riversdal deelgeneem, wat op 27 Augustus afgeskop het en op 5 November met die finaal afgesluit het.
Spelers van regoor die Hessequa-streek het meegeding.
Die Willehonne het met die eerste plek weggestap, gevolg deur W&J Motors in die tweede plek en Underdogs in die derde plek. Mean Team het die vierde plek behaal.
Verskeie spesiale toekennings is ook na afloop van die liga oorhandig.
Francois Damons het die toekenning vir die meeste raakballe ontvang, terwyl die Rolling Rebels vir hul goeie gees bekroon is.
Bowling Buddies is as die opkomende span aangewys en Murder Boys het met die prys vir die beste drag weggestap.
Die Tierboskatte het die houtlepeltoekenning ontvang, wat die liga se afsluiting op ’n ligter noot afgerond het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’