Advertorial
SAKENUUS - Die geur van varsgebroude koffie hang nou ook in die lug by Riversdal Toyota, waar 'n droom van twee jaar uiteindelik 'n werklikheid geword het met die opening van die nuwe Cruiser Café.
Dié koffiewinkel, wat Dinsdag 17 November sy deure geopen het, beloof om 'n nuwe gunstelingkuierplek vir koffieliefhebbers te word.
Cruiser Café is nie net 'n toevoeging tot Riversdal Toyota se diens aan sy klante nie, maar verwelkom ook inwoners en besoekers wat op soek is na 'n goeie koppie koffie in 'n ontspanne atmosfeer.
Die koffiewinkel bedien die plaaslik geroosterde Brothers Coffee en beloof om selfs die kieskeurigste koffiedrinkers te beïndruk.
Met die nuutste koffiemasjientegnologie word daar gepoog om elke koppie koffie 'n besondere ervaring te maak.
Die vriendelike barista, Rosslynn Adams, staan gereed om besoekers met 'n warm glimlag en 'n heerlike koppie koffie te verwelkom. Of jy nou haastig is en net 'n vinnige koffie wil geniet, of rustig wil ontspan, Rosslynn sorg dat elke besoeker welkom voel.
Die opening van Cruiser Café is die verwesenliking van 'n visie wat reeds twee jaar gelede ontstaan het. Wat aanvanklik net 'n idee was, het nou gestalte gekry in 'n koffiewinkel waar gehalte, vriendelike diens en 'n aangename atmosfeer vooropgestel word.
Benewens 'n verskeidenheid koffies kan besoekers ook uitsien na ligte verversings, met 'n keuse van soet- en southappies.
Of jy nou jou voertuig vir 'n diens inneem, 'n vinnige koffie op pad werk toe wil geniet of bloot 'n rustige kuierplek soek, Cruiser Café bied 'n nuwe bestemming vir koffieliefhebbers in Riversdal.
Met die opening van dié koffiewinkel voeg Riversdal Toyota 'n nuwe dimensie tot sy kliëntediens by, en die dorp is terselfdertyd 'n nuwe koffiekuierplek ryker.
Rosslynn Adams, barista van die nuwe Cruiser Café by Riversdal Toyota, is druk besig om 'n heerlike koppie koffie vir 'n klant voor te berei. Foto's: Madri Stegmann Fotografie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’