RIVERSDAL NUUS - As jy gewoond is daaraan om met ’n beursie vol note by die verkeersdienste op te daag om jou verkeersboete te betaal, gaan jy jou betaalgewoontes moet aanpas.
Vanaf 2 Januarie 2027 gaan Hessequa-munisipaliteit se verkeersdienste-kantore geen kontant meer aanvaar nie.
Jou beursie kan dus maar by die huis bly, solank jy jou bankkaart of selfoon byderhand het.
Lede van die publiek word versoek om vooraf seker te maak dat hulle gereed is om van een van die beskikbare elektroniese betaalmetodes gebruik te maak.
Die betaalmetodes sal beskikbaar wees:
- Debiet- en kredietkaarte, behalwe American Express
- Kontaklose kaartbetalings
- Ander kontaklose betaalmetodes
- Mobiele betalings
- Elektroniese fondsoordragte (EFO).
Vir inwoners wat verkies om met EFO te betaal, is dit belangrik om die korrekte bankbesonderhede te gebruik.
Die nodige besonderhede is beskikbaar op Hessequa-munisipaliteit se webblad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’