Video
RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit is op 1 Oktober tydens die South African Property Owners Association (Sapoa) se Munisipale Performance Awards by Sun City as die derde beste munisipaliteit in Suid-Afrika aangewys.
Dit is egter nie die eerste keer dat Hessequa hierdie erkenning ontvang nie; die munisipaliteit het dit vir die tweede agtereenvolgende jaar ontvang.
Burgemeester Grant Riddles het vandag sy opgewondenheid en waardering oor die prestasie uitgespreek.
Volgens hom beteken die erkenning besonder baie vir die munisipaliteit.
Hy bedank elke personeellid en sê hy is trots en dankbaar vir die harde werk wat deur die span gelewer word.
Riddles beklemtoon dat die prestasie die munisipaliteit se strewe weerspieël om goeie infrastruktuur te skep, die belange van inwoners eerste te stel en verantwoordelike finansiële bestuur te handhaaf.
“Ons voel niks is onmoontlik nie,” het hy gesê.
Die toekennings word in samewerking met Ratings Afrika en die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) aangebied.
Video: Snia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’