RIVERSDAL NUUS - Gholf, vriendskap en geselligheid wag op die spelers wanneer Droom op Saterdag 17 Oktober sy gholfdag by die Riversdal-gholfklub aanbied.
Die geleentheid beloof om gholfentoesiaste vir ’n dag se sport en geselligheid byeen te bring, alles ter ondersteuning van ’n goeie doel.
Spelers kan individueel of in spanne van vier inskryf.
Die inskrywingsfooi vir enkelspelers beloop R300 per persoon, terwyl ’n span van vier teen R1 000 kan inskryf.
Tot vier enkelspelers kan dieselfde afslaantyd deel, terwyl spanne van vier ’n afslaantyd eksklusief vir hul span kan bespreek.
Die kompetisie word volgens die enkel-Stableford-puntestelsel beslis.
Die inskrywingsfooi sluit ook toegang tot die Halfway House, ’n geskenkpakkie en ’n ligte ete ná afloop van die spel in.
Daisy Business Solutions tree as hoofborg van die gholfdag op.
Belangstellendes kan met behulp van die QR-kode op die advertensie registreer. Besprekings kan ook direk by die Riversdal-gholfklub gedoen word.
Betaling kan vooraf per elektroniese fondsoorplasing (EFT) of op die dag van die geleentheid geskied.
Meer inligting is beskikbaar op Droom se webwerf: www.droomriversdal.co.za.
Die organiseerders nooi gholfspelers om deel te neem aan ’n dag waarop sport, vriendskap en die ondersteuning van ’n goeie doel hand aan hand gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’