ALBERTINIA NUUS - ’n Watertoevoeronderbreking word vir môre en oormôre, 7 en 8 Oktober, beplan.
Die onderbreking is nodig om nuwe waterpype aan die bestaande watervoorsieningstelsel te koppel.
Die watertoevoer sal na verwagting op albei dae van 08:00 tot 16:00 onderbreek word.
Die hele Albertinia-gebied sal geraak word.
Inwoners word aangeraai om vooraf voldoende water vir huishoudelike gebruik op te gaar om vir die duur van die onderbrekings te gebruik.
Die Hessequa-munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat deur die noodsaaklike werk veroorsaak mag word en bedank inwoners vir hul geduld, begrip en samewerking.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’