Advertorial
SAKENUUS - BVSA Concilium het Wessel Schuurman, CA(SA), as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel. Hy bring ervaring in oudit, rekeningkunde, finansiële advies asook eiendoms- en ondernemingsbestuur na BVSA se finansiëledienstespan.
BVSA Concilium is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer met FSP-lisensienommer 11968.
Die onderneming help individue, gesinne, sake-eienaars en besighede met persoonlike finansiële beplanning en finansiële beplanning vir ondernemings, beleggings, korttermynversekering, risiko- en lewensversekering, mediese fondse, gapingsdekking, werknemersvoordele en testament- en boedelbeplanning.
Die doel is om elke kliënt se volle finansiële konteks te verstaan voordat ’n plan voorgestel word. ’n Jong gesin het ander doelwitte as ’n sake-eienaar, eiendomsbelegger of iemand wat vir aftrede voorberei.
BVSA Concilium kombineer persoonlike diens met professionele advies. Die span se gesertifiseerde finansiële beplanners gebruik tegnologie om kliënte regoor Suid-Afrika te bedien.
Wessel sluit aan by ’n ervare span wat Louis Jonker en Guillaume Oberholzer insluit. Louis is by BVSA se Malmesbury-tak betrokke by finansiële beplanning en korttermynversekering.
Hy lei ook BVSA se korttermynspan. Guillaume is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP®) by die Swellendam-tak en lei BVSA se beleggingspan.
Wie is Wessel Schuurman?
Wessel is ’n geoktrooieerde rekenmeester met ervaring in oudit, finansiële dienste, eiendom en entrepreneurskap.
Hy het ’n baccalaureusgraad in rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit voltooi en daarna ’n honneursgraad in rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.
Hy het sy loopbaan by Baker Tilly Greenwoods Suid-Afrika begin, waar hy as ouditklerk en later as ouditbestuurder gewerk het. Hy het daarna as ’n finansiële bestuurder by BVSA Property in George gewerk, waarna hy sy eie firma vir finansiële dienste begin het.
In sy vorige rol by BVSA het hy kliënte met die finansiële en belastingontleding van hul eiendomsportefeuljes gehelp. Hy het sy entrepreneuriese vernuf bewys deur voortdurend nuwe geleenthede raak te sien, na te jaag en te verwesenlik.
Dié ingesteldheid stel hom in staat om elke uitdaging met nuwe denke en energie aan te pak. Hierdie kombinasie van ervaring en ingesteldheid gee hom eerstehandse insig in die behoeftes van sake-eienaars, beleggers en eiendomseienaars.
Wessel is getroud met Rindi en die trotse pa van Liam en Richter. Hulle verwelkom binnekort hul derde kind.
Fokus op kliënte
As uitvoerende hoof sal Wessel help om BVSA Concilium se aanbod van finansiële dienste verder uit te bou en te verbeter.
Sy kennis van rekeningkunde en belasting sal die span help om finansiële beplanning, beleggings, eiendom, kontantvloei en batebeskerming beter met mekaar te verbind.
Besluite oor beleggings, versekering, eiendom en aftrede kan nie afsonderlik geneem word nie. Elke besluit beïnvloed belasting, kontantvloei en ’n gesin of onderneming se langtermynsekerheid.
Wessel se taak sal wees om BVSA Concilium se span te lei en te verseker dat kliënte duidelike, praktiese oplossings ontvang wat by elke kliënt se unieke konteks pas. In die tyd waarin tegnologie teen ’n hoë spoed ontwikkel, bly ’n deeglike begrip van die kliënt se konteks die anker van goeie advies.

Guillaume Oberholzer is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP®) by die Swellendam-tak en lei BVSA se beleggingspan.

Louis Jonker is by BVSA se Malmesbury-tak betrokke by finansiële beplanning en korttermynversekering. Hy lei ook BVSA se korttermynspan.
www.bvsa.co.za | [email protected]

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’