Video
JONGENSFONTEIN NUUS - Die Booyens-gesin het gister, 18 Oktober, ’n seldsame natuurverskynsel aan die kus van Jongensfontein aanskou toe twee moordwalvisse skynbaar 'n walviskalf gejag het.
Volgens Nicoleen Booyens het dit gelyk asof die ouer moordwalvis die jonger een leer jag het.
Die walviskalf het oënskynlik ongedeerd van die voorval afgekom.
Die gesin het rondom 07:00 op die toneel afgekom en die moordwalvisse sowat ’n uur lank dopgehou voordat die diere aanbeweeg het.
Nicoleen het gesê sy is onseker of die walviskalf tydens die voorval gebyt is.
Video: Nicoleen Booyens
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’