ALBERTINIA NUUS - Inwoners van Theronsville area in Albertinia sal Dinsdagoggend, 13 Oktober, genoeg water vir noodsaaklike gebruik vir die dag moet opgaar aangesien die watertoevoer van 08:00 tot 16:00 onderbreek sal word.
Die onderbreking is nodig vir die aansluiting van nuwe waterpype.
Inwoners word aangeraai om betyds voorsiening te maak vir die agt uur lange onderbreking.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’