HEIDELBERG NUUS - Die spanning het hoog geloop tydens die eindronde van die Hessequa-potspelunie op Sondag 4 Oktober in die Duivenhoks-gemeenskapsaal.
Nagenoeg 400 fanatiese ondersteuners van die vier spanne, Slovo Kids en Déja Vu van Heidelberg, asook Khula’s en Shooting Stars van Riversdal, het sedert vroegoggend luidkeels hul spanne in die halfeindstryde aangemoedig.
Die eindstryd is tussen Slovo Kids en Khula’s beslis nadat hulle onderskeidelik Déja Vu en Shooting Stars met 19 - 12 en 19 - 17 kafgedraf het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’