HEIDELBERG NUUS - Die Heidelberg-skaakklub het Saterdag 17 Oktober ’n baie suksesvolle toernooi by Hoërskool Heidelberg aangebied.
Die toernooi is deur Gretha Conradie, ’n plaaslike onderwyser en self ’n skaakspeler van formaat, van stapel gestuur om die “koningspel” veral onder die jonges te bevorder.
Die toernooi het 88 deelnemers, waarvan 63 leerders van skole oor die Hessequa-streek was, gelok.
Prysgeld van R7 500 is ook deur ’n anonieme donateur geskenk om as aansporing en bewusmaking te dien, veral onder laerskoolleerders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’