RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa-skaakontwikkelingstoernooi het Saterdag 10 Oktober by die burgersentrum in Riversdal plaasgevind, waar sowat 154 spelers, onderwysers en ouers vir ’n dag se skaak, leer en pret byeengekom het.
Skole van regoor die Hessequa-streek het aan die toernooi deelgeneem, waartydens die jong skaakspelers die geleentheid gekry het om hul vaardighede op die skaakbord te toets.
Ouers en onderwysers het ook deelgeneem en teen mekaar meegeding, wat tot ’n geesdriftige dag bygedra het.
Volgens Cornelia Joseph, voorsitter van Hessequa Skoleskaak, was dit ’n besonderse geleentheid vir die leerders om hul passie vir skaak uit te leef.
Die wenners in die verskillende ouderdomsgroepe:
- Seuns o. 7:
Nahum Michaels (1ste), Lemeul Vries (2de) en Callan Joseph (3de). Jordan Swanepoel is as ontwikkelingspeler aangewys en was ook die jongste speler van die toernooi. - Meisies o. 9:
Gabriella Priem (1ste), Mileeka Galant (2de) en Eilyah Drude (3de). Skylar Henneka is as ontwikkelingspeler aangewys. - Seuns o. 9:
Adrian van Wyk (1ste), Luke Wyngaard (2de) en Nicolin Saayman (3de). Byron Vertyn is as ontwikkelingspeler aangewys. - Meisies o. 11:
Amber Johnson (1ste), Meagan Amsterdam (2de) en Kaylicia Hendricks (3de). Linichia Hopp is as ontwikkelingspeler aangewys. - Seuns o. 11:
Joshua Vries (1ste), Arno Steenkamp (2de) en Hudson Ponot (3de). Elijah Petersen is as ontwikkelingspeler aangewys. - Meisies o. 13:
Ciara Riddles (1ste), Aliyah Albertyn (2de) en Veronique Saayman (3de). Cullem Abrahahmia is as ontwikkelingspeler aangewys. - Seuns o. 13:
Cayden-Lee Vaaltyn (1ste), Mikayle Jansen (2de) en Eljowean Prins (3de). Rumark Titus is as ontwikkelingspeler aangewys. - Meisies o. 15:
Edwina Taute (1ste), Glinnis-Lynn Sauls (2de) en Faith Olkers (3de). - Seuns o. 15:
Cayleb Bam (1ste), Duane Jacobs (2de) en Abdur-Rahmaan Fakier (3de). - Meisies o. 17:
Elnichia Golding (1ste), Keisha Kenzenie (2de) en Miljenay Saayman (3de). - Seuns o. 17:
Levi Jafta (1ste), Shaquille Swartz (2de) en Earl Stephanus (3de). - Meisies o. 19:
Chantelle Pietersen (1ste), Sensemecia Jacobs (2de) en Lamees Brown (3de). - Seuns o. 19:
Dawie Faurie (1ste), Luwaydon Saayman (2de) en Timothy Sebyboe (3de).
Die toernooi het leerders die geleentheid gebied om hul skaakvaardighede te ontwikkel en hul liefde vir die spel met ander spelers in die streek te deel.
Enigiemand wat by die skaakkultuur in die Hessequa-omgewing wil aansluit, kan Cohen Lee Joseph by 068 875 0865 kontak om uit te vind waar daar ’n skaakklub in hul omgewing is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’