Video
RIVERSDAL NUUS - Ná ’n hele paar bewolkte en reënerige dae lê Sleeping Beauty weer alte mooi op die kruin van die Langeberg.
As jy mooi kyk, sal jy die silhoeët van ’n gesig, met wimpers en al, kan uitmaak.
Hierdie natuurskoon, een van Riversdal se kenmerkende bakens en ’n natuurlike wonder, herinner ons daagliks, wanneer die weer dit toelaat, aan die besondere skoonheid van ons Hessequa-streek.
Met haar unieke silhoeët teen die hemelruim is sy ’n landmerk wat plaaslike inwoners én besoekers telkens bekoor.
Soms lê die mooiste skatte sommer reg in ons eie agterplaas!
Video: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’