Advertorial
SAKENUUS - Full House Riversdal is al 15 jaar deel van die plaaslike gemeenskap. In dié tyd het die winkel talle bekende gesigte verwelkom, plaaslike mense in diens geneem en duisende gesinne gehelp om hul huise met meubels, beddens, huishoudelike toestelle en elektronika in te rig.
Nou begin 'n nuwe hoofstuk! Die winkel word tans opgeknap om 'n ligter, ruimer winkel te skep waar klante nog meer tuis kan voel.
Die deure bly oop tydens die opknappingswerk, en die span staan steeds gereed om klante te help. Kom loer gerus in!
Om die nuwe voorkoms saam met die gemeenskap te vier, nooi Full House die inwoners van Riversdal en die omliggende dorpe uit om op Vrydag 30 en Saterdag 31 Oktober vanaf 08:30 te kom kuier.
Winkelbestuurder Chanelle Claasens en haar span is gereed om almal te verwelkom. Daar sal lekker musiek, goeie vibes en hope aanbiedinge wees!
Klante kan uitsien na die aanbiedinge in Full House se SJOE-pamflet, asook spesiale aanbiedinge om Riversdal se nuwe voorkoms te vier wat net vir dié twee dae beskikbaar sal wees. Alles bakgat virrie huis!
Spesiale promosies tydens die viering:
- Gratis Full House-emmerhoed: Die eerste 30 betalende klante op elk van die twee dae ontvang 'n gratis Full House-emmerhoed.
- Kies 'n boks en wen: Klante wat R1 999 of meer bestee kry die geleentheid om 'n boks te kies en staan die kans om 'n yskas, bed of een van talle ander lekker pryse te wen.
- 'n Ekstra R50-kruidenierswarebewys: Bring hierdie advertensie of artikel saam en toon dit wanneer jy jou aankoop doen om 'n ekstra R50-kruidenierswarebewys te ontvang.
Wil jy jou huis opknap? Full House bied ook verantwoordelike krediet met buigsame betaalopsies. Die span help jou graag om 'n opsie te vind wat by jou begroting pas. We can make it yours!
Full House vier vanjaar sy 28ste bestaans-jaar. Dié familiebesigheid het oor die jare tot 21 winkels regoor die Wes-Kaap gegroei.
Al het die besigheid uitgebrei, bly sy fokus op mense en gemeenskappe steeds belangrik. Deur Full House se voedingsprojek is reeds meer as 1,6 miljoen etes aan kleuterskole en dagsorgsentrums in die gemeenskappe waar Full House se winkels geleë is, voorsien.
Kom vier hierdie nuwe hoofstuk op Vrydag 30 en Saterdag 31 Oktober vanaf 08:30 saam met Chanelle en haar span by Full House Riversdal, Kerkstraat 22.
Die winkel kry 'n vars nuwe voorkoms, die aanbiedinge is bakgat en die span staan gereed om jou te verwelkom!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’