ALBERTINIA NUUS - Bon Game Reserve sien uit na dié Saterdag, 24 Oktober, se parkrun, wanneer die alombekende Comrades-marathonlegende Bruce Fordyce daar besoek gaan aflê.
John Spencer, byeenkomsdirekteur van Bon Game Reserve se parkrun, sê dat almal welkom is om die oggend saam met hulle te geniet en dié legende in lewende lywe te ontmoet.
Bon Game Reserve is langs die N2, by die afdraai na die Gouritzbrug.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’