ALBERTINIA NUUS - ’n Motorfietsryer het vanoggend 23 Oktober ongeveer 10.30 ernstige beserings opgedoen nadat ’n tarentaal hom na bewering teen sy valhelm getref het en hy beheer oor sy motorfiets verloor en van die N2 af naby Albertinia gery het.
Volgens ooggetuies het die motorfietsryer ernstige beserings opgedoen en is hy per ambulans na ’n hospitaal op Mosselbaai vervoer.
Geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie.
Nooddienste is op die toneel en motoriste word gemaan om versigtig te bestuur wanneer hulle deur die gebied ry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’