HEIDELBERG NUUS - Dié dorp kan met nóg ’n eerste spog nadat Ricardo Slawers se prestasie as Suid-Afrika en Afrika se eerste broodsommelier onlangs wêreldwyd nuus gehaal het.
Slawers (42), wie se ma in Heidelberg gebore is, het onlangs in Duitsland sy jaarlange kursus voltooi en as Afrika se eerste broodsommelier gegradueer.
Eenvoudig gestel, is hy ’n broodkenner en ’n bakker van formaat.
Snaaks genoeg het die hoofbakker by La Motte-wynlandgoed in Franschhoek nie as jong seun daarvan gedroom om in ’n restaurant te werk nie.
Ná skool het hy hom as skrynwerker bekwaam.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’