Video
RIVERSDAL NUUS - Die eerste Kersliggies in dié dorp is amptelik tydens die Kerssangdiens gisteraand, 22 November, by die NG Kerk Moedergemeente aangeskakel.
Rdl. Gerald Boezak het dit aangeskakel, en ook tydens die diens ’n besondere Kersboodskap van hoop aan almal oorgedra.
Ds. André Jordaan, predikant van die Moedergemeente, het ’n besondere diens met die tema ‘Van Bethlehem tot in harte’ saamgestel.
Die diens het die boodskap van Jesus se geboorte en die blye boodskap van Kersfees op ’n besondere manier uitgebeeld.
Video: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’