RIVERSDAL NUUS - Verteenwoordigers van verskeie organisasies het vanoggend by die Burgersentrum in Riversdal byeengekom vir die afskop van die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders.
Riversdal-polisie, verkeersdienste, wetstoepassing en die Hessequa-munisipaliteit was onder die rolspelers wat deelgeneem het.
Verteenwoordigers van die departement van maatskaplike ontwikkeling, die departement van gesondheid, Suid-Kaap Kollege, APD en Mosaïek het ook die geleentheid bygewoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’