HEIDELBERG NUUS - 'n Groot tragedie het Heidelberg Vrydagnag (15 Februarie) net na 00:00 getref toe twee bejaardes vermoedelik deur 'n ma en dogter vermoor is.
Die twee slagoffers, George "Jors" Michaels (62) en sy vriendin, Elizabeth "Elie" Rudolph (64) is glo in Michaels se huis dood aangetref.
Die twee is glo deur 'n jaloerse vrou en haar dogter doodgesteek.
Die plaaslike polisie is deur 'n buurvrou in kennis gestel nadat die ma hulle kom vra het om hulle te bel.
Rudolph het vir Cathy Windvogel as huishulp gewerk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'