HEIDELBERG NUUS - Daar word nog op die uitslae van DNS-toetse in die moordsaak op 'n bejaarde paar gewag voor die saak 'n aanvang kan neem.
Landdros Antoinette Pearcey-Botha het die saak teen Sabina Hartnick (54) en haar dogter Annemarie Skietekat (31) op 2 November opnuut uitgestel in afwagting van dié uitslae.
Hulle staan tereg op die moord van George Michaels (62) en sy vriendin Elizabeth Rudolph (64) gedurende die nag van 15 en 16 Februarie.
Pearcey-Botha het gesê die saak sloer al baie lank en dit is onredelik om te verwag dat die aangeklaagdes weerhou word van 'n spoedige verhoor.
"Volgens die grondwet van die land is elkeen op 'n regverdige en spoedige verhoor geregtig," het sy benadruk.
Volgens die staat is die ondersoek voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'