HEIDELBERG NUUS - Die ma en dogter wat daarvan aangekla word dat hulle die bejaarde paartjie, George Michaels (62) en sy vriendin, Elizabeth Rudolph (64) van Heidelberg in Michaels se huis vermoor het, verskyn Vrydag, 4 September in 'n voorverhoor in die Kaapse Hooggeregshof.
Die twee beskuldigdes, Sabina Hartnick (54) en haar dogter, Annemarie Skietekat (31) het na bewering die twee slagoffers gedurende die nag van 15/16 Februarie 2019 vermoor deur hulle veelvuldige steekwonde toe te dien.
Rudolph se bobene is ook glo met sigarette gebrand.
Lees vorige artikels hier:
- Ma en dogter wag vir DNS-uitslae
- Ma en dogter weer in hof
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'