Update
HEIDELBERG NUUS - Die ma en dogter wat daarvoor aangekla is dat hulle die bejaarde paartjie, George Michaels (62) en sy vriendin, Elizabeth Rudolph (64) in Michaels se huis in Diepkloof, Heidelberg vermoor het, het Maandag, 26 Julie in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.
LEES HIER: Ma en dogter in 2de voorverhoor
Die saak is tot 8 November vir verhoor op Swellendam uitgestel.
Sabina Hartnick (54) en haar dogter, Annemarie Skietekat (31) het na bewering die slagoffers wreed vermoor deur hulle albei veelvoudige steekwonde toe te dien.
LEES HIER: Ma en dogter vandag in die Kaapse Hooggeregshof
Die moord is die nag van 15/16 Februarie vroeër die jaar gepleeg.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'