Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Riversdal-vrou het Woensdag 8 Julie in die streekhof verskyn in verband met die moord op Granwin Scholtz in 2024.
Die Riversdal-polisie het Althea van den Berg (37) Maandag 6 Julie by haar werksplek in hegtenis geneem op aanklagte van moord en regsverydeling.
Die aanklagte hou verband met die moord op Scholtz, 'n bekende sportliefhebber, wat op 16 Junie 2024 vermoor is. Sy liggaam is 'n paar dae later in die Garcia-pas gevind.
In Januarie vanjaar is 'n egpaar, Burneth en Maurichia Afrika, onderskeidelik tot 15 en vyf jaar gevangenisstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by die misdaad. Burneth is vir die moord gevonnis en Maurichia vir regsverydeling.
Van den Berg is vanoggend op borgtog van R400 vrygelaat. Die saak is tot Maandag 20 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.
Vorige artikels:
- Familie ontevrede oor vonnis in Riversdal-moordsaak
- Groot ontevredenheid oor vonnisse in Scholtz-moordsaak
- Moordsaak teen egpaar wéér uitgestel
- Egpaar weer in hof oor moord op sportman
- Granwin Scholtz kriekettoernooi uitgestel
- Krieket vier Granny se lewe
- Granwin met slagtersmes vermoor
- Afskeid by weggooikloof
- "Hou moordenaars in die tronk!"
- "G'n borgtog vir beskuldigdes!"
- Granwin word met deernis onthou
- 'Granny' wreedaardig vermoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’