Video
RIVERSDAL NUUS - Groot ontevredenheid heers onder familielede van wyle Granwin Scholtz (34) nadat die Afrika-egpaar, Burneth (37) en Mauricia (38), vroeër gister in die Riversdal-streekhof gevonnis is.
Burneth, beskuldigde nr. 1, is op aanklag van moord die minimumvonnis van 15 jaar opgelê, terwyl hy op aanklag van regsverydeling tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.
Die vonnisse word sameloopend uitgedien, wat daarop neerkom dat hy effektief 15 jaar moet uitdien.
Mauricia is op aanklag van regsverydeling tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.
Daar was ’n duidelike atmosfeer van ongeloof in die volgepakte hof, waarvan die oorgrote meerderheid familie en vriende van die oorledene was.
Video: Clive Pretorius:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’