Update
HEIDELBERG NUUS - Die saak van die dogter en ma wat reeds sedert verlede week in die rondgaande hooggeregshof op Swellendam verhoor word op aanklag dat hulle die bejaarde paartjie, George (Jors) Michaels en sy vriendin, Elizabeth (Elie) Rudolph in Michaels se huis in Diepkloof vermoor het, is Maandag, 22 November na slotbetoë van die staat en verdediging na Donderdag, 25 November vir uitspraak uitgestel.
Annemarie Skietekat (32) en haar ma, Sabina Hartnick (55) het na bewering die twee slagoffers wreed vermoor deurdat hulle albei veelvoudige steekwonde toegedien is.
Die moord is die nag van 15/16 Februarie 2019 gepleeg.
Hartnick, 'n eks van Michaels dien reeds 'n drie jaar tronkstraf uit nadat sy op 'n vorige klag van aanranding op Michaels met die opset om ernstig te beseer, skuldig bevind is.
Tydens die staat se betoë het die aanklaer, Megan Blows aangevoer dat die weergawes wat die beskuldigdes verskaf van hoe die voorvalle plaasgevind het, nie ooreenstem met die bewyse wat op die toneel gevind is en ook die bevindinge oor die nadoodse ondersoeke nie.
Die staat het ook aangevoer dat die kumulatiewe effek van al die getuienis slegs tot een redelike afleiding lei, naamlik dat beide die beskuldigdes die oorledenes vermoor het.
Ten slotte, gegewe die totaliteit van die getuienis, voer die staat aan dat dit bo redelike twyfel bewys het dat Skietekat en Hartnick voor die hof skuldig is aan die aanklagte soos in die akte van beskuldiging geformuleer.
Die staat versoek dus dat die beskuldigdes skuldig bevind word soos aangekla.
Vir die verdediging het adv Fanie Harmse vir Hartnick betoog dat Michaels sy kliënt gedurig mishandel het deur haar fisies, sowel as emosioneel aan te rand, waarop die regter gemeld het dat dit die grense van verdediging oorskry.
Die uitspraak was teen druktyd nie bekend nie.
Lees vorige artikels hier:
- Moordverhoor nader einde
- Moordverhoor duur voort
- Moordverhoor duur voort
- Ma en dogter uiteindelik voor hof
- Moord op bejaardes: Verhoor begin
- Moordverhoor begin nou
- Moordsaak weereens uitgestel
- Ma en dogter vandag in die Kaapse Hooggeregshof
- Ma en dogter wag vir DNS-uitslae
- Ma en dogter weer in hof
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'